|
Deborah Nozipho Magwa is maar net 14 jaar oud. Toe ons Bybelinstrukteur, Seth Nhlapo, evangelistiese vergaderings in haar geboortedorp van Theunissen, Vrystaat gehou het, het Deborah belangstellend aandag geskenk en het ook die vraestelle vir die Bybellesse elke dag ingehandig. Toe sy van die Sabbat geleer het, het sy die ontdekking met haar pa, 'n bekende pastoor van 'n paar kerke in die dorp, gedeel. Pastoor Magwa het Seth ontbied en wou weet wat aangaan. Seth het met kalmte die Skrifverwysings met hom deurgegaan. Pastoor Magwa was geskok maar het onmiddelik die waarhede aanvaar, net soos Paulus die apostel op die pad na Damascus. Hy het sy dogter se doop bygewoon (links) gelei deur Leraar Ndaliso, en het nou die nuwe, klein gemeente van Adventiste elke Sabbat begin bywoon.
|