
Briewe van ons studente dien altyd as inspirasie
vir ons, en daarom voel ons dat u dit ook sal geniet.
Soos nuwe briewe ingestuur word, sal
ons interessante uittreksels met u deel.
Brief van Moses ('n gevangene):
"...Ek wil u net bedank vir die lesse wat u aan my gestuur het, hulle bou my werklik geestelik op. Nou glo ek God bestaan wel. ...Ek is so trots om u in kennis te stel dat ek binnekort 'n aktiewe lid van die Sewende-dag Adventiste kerk gaan wees."
| |
|
|
Van Ilse in Worcester, Suid-Afrika (11 jr) - haar antwoord op die vraag "Jesus vra jou om hom te volg. Wat is jou antwoord op Sy groot liefde vir jou?":
"Ja, ja, ja! Ek sal hom met blydskap volg, met my hele hart, verstand en siel."
|
|
|
Briewe van 'n egpaar, Mnr & Mev Raboko, in Bloemfontein:
Mev. Raboko:
"Ek wil u bedank. Deur hierdie Byblestudie wat ek doen is ek weer 'n ander persoon. Ek het al die jare kerk uit en kerk in geloop, op soek na die waarheid. Deur die Bybelstudie te studeer het ek my oplossing gevind."
Mnr Raboko:
"Ek is baie bly om u in kennis te stel dat na 5 jare se soektog na Jesus het ek Hom gevind. ...Loof die Allerhoogste God. Ek wil u bedank omdat u die weg vir my aangewys het. Jesus Christus is die lig; sonder Hom is dit onmoontlik om voort te gaan."
|
|
Van Edwin ('n gevangene):
"Ek wil julle inrigting bedank vir al die harde werk wat hulle onderneem. Hulle het veranderings aan my lewe gebring, en ek hoop dat eendag as ek vrygelaat is sal ek die Woord kan meedeel... Mag God julle almal seën en baie meer sterkte gee om met die meedeel van God se Woord voort te gaan. Ek is trots om te sê dat ek nie meer leeg voel nie - daar is lewe, hoop en lig."
| |
|
|
Van Khanyisa op Langa (13 jr) - haar antwoord op die vraag "Hoe voel jy daaroor om 'n engel te hê wat luister na alles wat jy sê, en alles sien wat jy doen?":
"Wel, ek is nie so seker nie. Ek voel rêrig spesiaal en gelief, maar dan voel ek ook sleg. Om te dink dat God spesiaal aan my 'n engel gegee het maar ek hou nog aan om te sondig? Ek is werklik geseën."
|
|
|
Van Bettine op Albermarle, Germiston:
"Les 21 was 'n groot vertroosting vir my. Ek het 'n seun, Bradley, gehad wat aan spierdistrofie gely het. Hy is 15 jaar gelede oorlede, op die ouderdom van agtien jaar. Al het ek nooit opgehou bid en in die Here vertrou nie, was ek destyds nie 'n toegewyde Christen nie. Al was ek nie daar vir die Here nie, was Hy altyd daar vir my. Hy het my bygestaan en die moed gegee om daardie beproewing deur te kom, en net voor Brad oorlede is, het ek die geleentheid gehad om hom te vertel dat die dood net soos slaap is, en dat daar niks is om te vrees nie. Ek het hom ook vertel dat wanneer hy van daardie slaap wakker word, sal hy Jesus sien, en hy sal gesond wees, en weer kan loop en hardloop.
Sedert sy dood, en oor die jare, het ek dikwels baie skuldig gevoel omdat ek hom nie meer van Jesus geleer het nie, en dat ek hom nie as 'n Sewende-dag Adventis laat groot word het nie. Ek het dikwels gebid en vir die Here gevra om my daarvoor te vergewe, en ek het Hom ook gevra om 'n plek in Sy Koninkryk vir Bradley te gee. Ek het die Here vertel dat ek my plek daar sou opgee, as Hy my net sou vergewe omdat ek nie vir Bradley in die ware weg van geregtigheid gelei het nie. Bradley was 'n onskuldige kind, sonder sonde.
Nou het ek die Here se versekering deur hierdie les ontvang dat my kind wel 'n plek in Sy Koninkryk sal hê. Dit is iets wat my grootliks ontstel het, en was die onderwerp van baie van my gebede. Ek loof God vir die antwoord wat hy my deur hierdie les gestuur het. Nou kan ek hieroor tot rus kom, en voortgaan om my voor te berei om Jesus en my geliefdes op daardie Blye Opstandingsdag te ontmoet."
|
|
|
Van Benita op Gordonsbaai:
"Hierdie kursus is soos manna en pitkos vir elke dag."
| |
|
|
Van Bianca op Brakpan (11 jr) - haar antwoord op die vraag "Jesus het gesê: 'Kyk, ek staan by die deur en Ek klop...' (Openbaring 3:20). Wat is jou antwoord op Sy aanbod om in jou hart te kom?":
"Kom in en sit by die tafel. Ek sal vir Hom sê ek hou van Hom (lief). Ek sal Hom vrae vra en vir Hom iets gee om te drink en eet."
|
|
Van Hilton, 'n gevangene:
"...Dit was as gevolg van die Bybelskool dat ek nader begin te begin te
beweeg het na God se Woord. En nadat ek u lesse sorgvuldig deurgegaan
het, het ek altyd 'n verdere studie van die Bybel op my eie gedoen.
Al my kwelpunte en twyfelings was een vir een verwyder. U instansie
het my gelei om 'n sterk geloofoortuiging in Jesus op te bou - wat ek
nie vir enige iets prys sal gee nie, dank die Here!
...Hier in die gevangenis - saam met my ander broers - is ons besig om
God se laaste boodskap vir hierdie mensdom te verkondig - die Boodskap
van die drie engele (Open. 14:1-3)
|
|