Ons bied kursusse in twaalf (12) tale aan, nl. Engels, Afrikaans, Xhosa, Sesotho, Noord Sotho, Zulu, Setswana, Shangaan (Tsonga), Venda, Portugees, Oshiwambo en Persies.
Ons bied ses (6) kursusse aan in Engels en Afrikaans, elke kursus bestaan uit 30 lesse, behalwe die Discover en Ontdek kursusse wat uit 26 lesse elk bestaan.

Indien u vandag wil inskryf vir ons GRATIS kursus, stuur asb. per e-pos aan:

enrol@vop.co.za

en voorsien die volgende inligting, naamlik Naam, Posadres, Poskode en u taalvoorkeur waarin u die lesse wil ontvang. Skryf asseblief "Bybelstudie Inskrywing" op die onderwerplyn van u e-pos, vir 'n spoedige antwoord.

Die titels van die kursusse is soos volg:


Faith for Today Terug na die Ou Paaie
New Millennium (word        opgegradeer) Nuwe Millennium (word opgegradeer)
Faith and Life Leef Met Vertroue
Daniel and Revelation Daniel en Openbaring
Faith for Today E5 Lewenslig A5
Discover * Ontdek *

* This course can now be
   completed via e-mail.
   Click here to download.

* Hierdie kursus kan nou
   deur e-pos voltooi word.
   Kliek hier om af te laai.

Daar is drie (3) kursusse in Xhosa, Sesotho en Zulu; twee (2) kursusse in Portugees en een (1) kursus elk in die oorblywende tale.


Na voltooiing van die bogenoemde kursusse is 'n Gesondheid en Voedingskursus beskikbaar teen R24.00 per stel

 

Ons bied ook 'n Kinderkursus aan wat uit 24 lesse bestaan, wat mees geskik is vir kinders tussen die ouderdomme van 9-13. Dit is in Engels en Afrikaans beskikbaar.

Pragtige sertifikate word uitgereik na voltooiing van elke stel lesse.

Die kursusse dra geen akademiese erkenning nie, maar is saamgestel om geloof te verdiep en hoop vir die toekoms te gee om tot 'n volle oorgawe en verbintenis met Jesus Christus teweeg te bring deur middel van die perspektief van die Sewendedag-Adventiste kerk.

Die kursusse is beskikbaar aan mense van alle godsdiensoortuigings en is gratis. Soms word oproepe vir skenkings gemaak (bv. 'n bydrae tot posgelde), maar dit is heeltemal vrywillig.

[Tuisblad] [Ons Kursusse] [Uitreik] [Gevangenesbediening] [Studente Briewe] [Gebedskring] [Puik Personeel] [Geskiedenis] [Skakels] [Aflaaiblad] [Ons Vreugde]