|
Eugene TerreBlanche bid in die hofkamer op Potchefstroom op 13 November 2003. Sy prokureur, Gerrie Basson, is die man wat agter Eugene sit met sy hand op Eugene se skouer. Eugene dien tans 'n vonnis uit by Rooigrond Gevangenis vir poging tot moord. Hy het in die hof verskyn op 13 November op vyf verdere aanklagte van terrorisme. Hy het skuldig gepleit. Hy het 'n opgeskorte vonnis ontvang en soos ek verstaan beteken dit dat hy geen tronkstraf sal moet uitdien nie tensy hy 'n soortgelyke misdaad pleeg. In sy gebed het hy sy Skepper bedank vir sy genade wat "verder as wat 'n mens kan droom strek". Hy het God gevra dat al die soldate van die AWB, die PAC en die ANC vrygespreek word aangesien "die oorlog verby is." Hy het ook God gevra om die ver regse leiers en die leiers van die staat te help besef dat hierdie manne vrede moet maak en terugkeer huis toe na hulle gesinne. Eugene het pas die Afrikaanse vertaling van een van ons Bybelkursusse, NEW MILLENNIUM BIBLE COURSE, voltooi. Dit is nog nie gedruk nie.
|