
Ons Bybelskool is reeds vir meer as 50 jaar gesetel teen die voet van Tafelberg..
Ons is een van 126 soortgelyke Bybelskole wêreldwyd.

Kaapstad, Suid-Afrika
In 1926 het H.M.S. Richards, 'n evangelis van Californië, V.S.A. op die idee gekom om sy lesings oor die radio uit te saai. Leraar Richards het besondere belangstelling in die profesieë van die Bybel gehad en dus het hy sy radio uitsending "Die Stem van Profesie" genoem. Die belangstelling was so groot dat duisende ingeskryf het om vir afskrifte van die lesings te vra. Hy het hulle dan in 'n reeks lesse omgeskryf met die Bybel as handboek, en het vraestelle ingesluit vir die "studente" om te voltooi. Sy eerste kantoor, waar hy deur 'n deeltydse sekretaresse bygestaan is, was 'n hoenderhok in die agterplaas van 'n huis. 'n Sertifikaat is uitgereik sodra 'n kursus vooltooi is. Die "Stem van Profesie" het spoedig 'n sterk evangelistiese organisasie geword.
In 1943 was E.L. Cardey, destyds 'n leraar-evangelis in Kaapstad, deur Richards se welslae geïnspireer en het toe 'n soortgelyke projek in die "moederstad" van Suid-Afrika begin. Omdat die radio nie aan hom beskikbaar was nie, het Leraar Cardey reklames in die koerant geplaas wat 'n reeks van 24 lesse aangebied het aan almal wat daarvoor wou inskryf. Tot hulle verbasing het hulle dertigduisend inskrywings in die eerste jaar ontvang!
Vandag het ons 14 861 aktief studente. Ons ontvang baie briewe van ons studente waarin hulle met ons deel hoeveel die lesse vir hulle beteken het. Ons sal van tyd tot tyd van hierdie briewe met u deel. Ons ontvang daagliks baie gebedsversoeke. Dit is altyd inspirerend om vir andere te bid.
[Tuisblad] [Ons Kursusse] [Uitreik] [Gevangenesbediening] [Studente Briewe] [Gebedskring] [Puik Personeel] [Geskiedenis] [Skakels] [Aflaaiblad] [Ons Vreugde]